Dienste
Emosionele & Gedragsprobleme
Terapie met betrekking tot:
- Angstigheid
- Depressie
- Lae selfbeeld
- Woedebuie
- Stres
- Oneerlikheid
- Skool weiering
- Opposisionele gedrag
- Dissiplinêre uitdagings
- Aanpassing probleme
- Sosiale vaardighede
- Aggressie
- Afknouery/Boelies
Skolastiese & Leerprobleme
- ADHD
- Afleibaarheid
- Swak konsentrasie
- Hiperaktiwitiet
- Impulsiewe Gedrag
- Prestasie-angs
- Wiskunde-Angs
- Onderprestasie
- Leer agterstand
- Probleme met studiemetodes en motivering
- Besluiteloosheid oor vakkeuses
Hierdie assesserings help met die identifisering van ‘n individu se huidige vlak van kognitiewe en akademiese funksionering. Spesifieke uitdagings aangaande neurologiese funksionering, spelling, wiskunde, leerprobleme en konsentrasie wat akademiese prestasie beïnvloed kan geïdentifiseer word.
Intelligensie Meting
Skoolgereedheid & Skoolplasing
Skoolgereedheid assesserings is behulpsaam om ‘n kind se kognitiewe, sosiale en emosionele gereedheid om skool toe te gaan te bepaal. Verdere ontwikkelingsmylpale wat bereik moet word tydens die kleuter en voor-skool fase soos fyn en groot motoriese vaardighede, voldoende konsentrasie en aandag, geheue, numeriese vermoëns, taal en kommunikasie, emosionele bewustheid en aanvaarbare gedrag aangaande hierdie emosies. Positiewe selfbeeld en doeltreffendheid is ‘n optimale aspek van aanpassing in formele skoolopleiding. Areas van ontwikkeling mag geïdentifiseer word en aanbevelings vir verdere ontwikkeling mag dalk voorgestel word. Dit is belangrik om te weet dat nie alle kinders van skoolgaande ouderdom gereed is om met skool te begin nie.
Vakkeuse & Beroepsbeplanning
Vakkeuse en beroepsbeplanning assessering kan behulpsaam wees om vakkeuses en beroep opsies te ondersoek en aanbevelings te maak. Assessering in Graad 9 help om leerders toe te rus om ingeligte en verantwoordelike vakkeuses te maak. Assesserings in Graad 11 help om ‘n meer ingeligte beroepskeuse te maak. Beroeps-assesserings kan ook behulpsaam wee vir individue wat hul huidige beroep wil verander en leiding nodig het. Na die assessering sal leiding en aanbevelings gegee word oor velde van studie en die nodige kwalifikasies wat vereis word vir die beroeps-opsies.
Die volgende is van belang: Aanleg, belangstelling en persoonlikheid van die individu.
Self eksplorasie en beplanning word ook ingesluit by die assessering.
Studiemetodes
Studiemetodes of strategieë is benaderings wat toegepas word aangaande leer. Hierdie vaardighede is krities om suksesvol te wees op skool en tersiêre instansies. Studiemetode sessies konsentreer op die wyse waarop die individu nuwe informasie prosesseer en organiseer, inligting behou en toetse en eksamens hanteer. Sessies sluit ook studie motivering, beplanning, leerstyle en strategieë en hoe om eksamen stres en beplanning te hanteer in. Tydsbestuur, luister vaardighede, geheue en denkpatrone word ook ondersoek.
Aandagtekort & Hiperaktiwiteit Versteuring - ADHD
- Afleibaarheid
- Swak konsentrasie
- Hiperaktiwiteit
- Impulsiewe gedrag
Ouerleiding
Ouerleiding help ouers met opsies, alternatiewe en aanpassings tot die familie se huidige funksionering binne die familie sisteem. Hierdie spesifieke intervensie beoog om ouers te help en te ondersteun met ouerskap uitdagings wat hulle mag ervaar. Ouerleiding vorm ‘n integrale deel van die behandeling proses van kinders.
Trauma & Egskeiding Ondersteuning & Leiding
- Rou terapie na die dood van ‘n familielid of vriend
- Bystand tydens en na egskeiding
- Terapie na trauma
- Trauma-ontlonting
- Terapie voor mediese prosedures
Spelterapie
Spelterapie beoog om spel as ‘n vorm van kommunikasie te wees binne die terapeutiese verhouding met die kind. Die kind gee uitdrukking aan hul emosionele probleme deur middel van spel binne ‘n veilige omgewing. Spelterapie kan gebruik word vir verskeie struikelblokke soos: prosessering van trauma, angstigheid en die ontwikkeling van hanteringsvaardighede, bemagtiging, die verbetering van selfbeheersing, gepaste maniere en om woede te hanteer.
Psigo-opvoedkundige aanbiedings