
Meer oor Henriëtte
Oor Henriëtte
Henriëtte Joubert-Pienaar is ‘n geregistreerde Opvoedkundige Sielkundige met die Health Professions Council of South Africa (PS 0125458) in privaat praktyk by die Multi-Dissiplinêre Terapiesentrum in Pretoria. Henriëtte het by die Multi-Dissiplinêre Terapiesentrum aangesluit in 2015 en is geregistreer by die Board of Healthcare Funds (BHF) (Praktyk nommer: 0553123) en meeste mediese fondse.
Hoekom ‘n Opvoedkundige Sielkundige?
Opvoedkundige Sielkundiges verskaf inligting oor alle aspekte aangaande kinders se leer en ontwikkeling. Opvoedkundige Sielkundiges assesseer, diagnoseer en behandel kinders en adolessente. Die primêre fokus is op die holistiese ontwikkeling en welstand van kinders en hoe om te verseker dat kinders hul volle potensiaal bereik in emosionele, sosiale, gedrags en akademiese areas. Die doel is om aanpassing te fasiliteer, asook die leer en ontwikkeling van kinders en adolessente binne die familie, opvoedkundige en sosiale stelsels.