Algemene Vrae
Hoe werk die proses?
Wat is die fooie en hoe betaal ek?
Hoe lank is 'n sessie?
Hoeveel sessies sal my kind nodig hê?
Voor enige assessering gedoen word, word die ouers gesien vir ‘n invoer gesprek om alle relevante inligting in te samel. Daarna word ‘n assessering gedoen wat van 2 tot 4 ure kan duur, afhangende van die ouderdom en tipe assessering. Die volgende afspraak is vir ‘n terugvoer sessie met die ouers.
Henriëtte se praktyk is geregistreer by die Board of Healthcare Funders (BHF) en aanvaar mediese fonds betalings. Sessies se fooie word gehef teen mediese fonds tariewe en alle rekeninge word deur ‘n gekontrakteurde buro gehanteer – PracMed(Pty)Ltd. Alle rekeninge en mediese fonds eise word deur PracMed gehanteer.
Sessies is een uur lank, waarvan 10 minute gebruik word vir die voltooing van notas.
Dit verskil van persoon tot persoon, elke individu is uniek en situasies en lewenservarings verskil. Aanbevelings sal met die ouers bespreek word tydens die terugvoer sessie.
Sien asseblief Privacy Documents