Meer oor Henriëtte


Henriëtte Joubert-Pienaar

Meer oor Henriëtte

Henriëtte Joubert-Pienaar is ‘n geregistreerde Opvoedkundige Sielkundige met die Health Professions Council of South Africa (PS 0125458) in privaat praktyk by die Multi-Dissiplinêre Terapiesentrum in Pretoria. Henriëtte het by die Multi-Dissiplinêre Terapiesentrum aangesluit in 2015 en is geregistreer by die Board of Healthcare Funds (BHF) (Praktyk nommer: 0553123) en meeste mediese fondse.

Sy is ten volle twee-talig en lewer haar dienste in Afrikaans en Engels.

Henriëtte het haar BA (Sielkunde), Honneurs in Opvoedkundige Sielkunde en haar Meesters graad in Opvoedkundige Sielkunde by die Universiteit van Pretoria behaal.

Henriëtte lewer die volgende dienste:

  1. Emosionele en Gedrags Probleme
  2. Skolastiese en Leer Probleme
  3. Intelligensie Meting
  4. Skoolgereedheid en Skool Plasing
  5. Vakkeuse en Beroepsbeplanning
  6. Studiemetodes
  7. Aandag Afleibaarheids en Hiperaktiwiteits Sindroom
  8. Terapeutiese Ondersteuning
  9. Ouerleiding
  10. Trauma & Egskeiding Ondersteuning & Leiding
  11. Spelterapie
  12. Psigo-opvoedkundige aanbiedings

Henriëtte is geaffilieer met die volgende organisasies:

  • Geregistreer by die Raad vir Gesondheidsberoepe (HPCSA)
  • Geregistreer by die Raad van Gesondheidsorgfinansiers (BHF)

Die Proses

  1. Inname onderhoud met die ouers
  2. Assessering
  3. Terugvoer Onderhoud
  4. Terapeutiese fase
    1. Terapie en/of
    2. Ouerleiding

Voordat enige assessering gedoen word, word die ouers gesien vir ‘n invoer gesprek om alle relevante inligting in te samel. Daarna word ‘n assessering gedoen wat 2 tot 4 ure kan neem, afhangende van ouderdom. Die volgende afspraak is ‘n terugvoer sessie met die ouers.

Hoekom ‘n Opvoedkundige Sielkundige?

Opvoedkundige Sielkundiges verskaf inligting oor alle aspekte aangaande kinders se leer en ontwikkeling. Opvoedkundige Sielkundiges assesseer, diagnoseer en behandel kinders en adolessente. Die primêre fokus is op die holistiese ontwikkeling en welstand van kinders en hoe om te verseker dat kinders hul volle potensiaal bereik in emosionele, sosiale, gedrags en akademiese areas. Die doel is om  aanpassing te fasiliteer, asook die leer en ontwikkeling van kinders en adolessente binne die familie, opvoedkundige en sosiale stelsels.